Renicke’s Creations.
Ek wil net dankie sê vir die wonderlike produk wat jy aan ons verskaf. Hoe kies n mens tussen al die geure. Dis heerlik sag op jou vel en verslawend om te gebruik. Jou badsoute, body creams en body scrub is fantasties. Jy doen moeite met jou verpakking en jou diens is puik.
Ansie

Van lippe tot boude is jou produk die beste
Jou lipbalm is amazing ek sukkel al so lank om n perfekte lipbalm te kry wat nie vir my koorsblare gee nie jou lipbalm gebruik ek al elke dag en ek nog nie n koorsblaar insig nie.

Tweedens jou unieke bout salf waar begin ek dit ruik lekker dit voel so sag op my klein ding se boude geen meer brand boudjies van tande nie en bout puisies vir ouer sus is nou in die verlede dank sê aan jou bout salf

Dannnnnn met die klimaks op jou eucalyptus bad sout ons het so gesukkel met sinus met die klein lyfies of even net as hulle siek is met toe neusies, gooi so bietjie in die bad dan het ons geen probleme in die dag of nag met toe neuse nie….. dankkkkkkkkiiieee aan Renicke’s Creations vir jou stunnnning produkte

Ps ek hoop jy kan NewZealand toe pos hoor want ek se vir jou ek gaan sukkel sonder jou produkte.

Leonise Olivier

Ek ondersteun al van Februarie 2025 vir Renicke’s Creation. Ek kan met liefde sè dat die badsoute van my gunsteling is😍
Nie net doen sy moeite om dit af te laai nie, maar so ook is die verpakking pragtig.

Ondersteun gerus, dit gaan vir n goeie doel en julle sal nie spyt wees! Dankie Renicke’s Creation. Ek sal aanhou support!

Charné

Mens kry min wat weet hoe om “homemade” lip balm en bodyscrub te maak. Ek het Renicke’s creations probeer. En ek was regtig baie beindruk met hulle produkte. Dit is bekostigbaar genoeg om net te probeer!

Dit Kan nie altyd maklik wees om iets nuuts op die mark te sit nie want ons is maar te gemaklik om in n winkel te kry wat ons wil he. Maar hierdie produkte Kan ek regtig voorstel. Ek is baie beindruk Ek wens die mamma alle stekte toe en ek hoop sy pak baie boksies vir kersfees!! 😇💐

Helouise

Ek wil baie Dankie sé vir Renicke’s Creations vir al my Bederf Produkte. Ek het die Body Wash Gekoop ek geniet die heerlike Koel gevoel. Die Body en Handcream lief ek die Mint inhoud hou my lyf Koel. Badsou te heerlik ek lé en soak behoorlik en die reuk is net iets anders. Die Heerlike Lip Balm gebruik ek onder my lipstiffie keer dat my Lippe skurf Raak. Dan die heerlik Kers met die lieflikste geure Van Aarbeie my Favourite. Ek is eindlik suinig en spaarsaam dit mag nie opraak nie😅❣

Belinda Prinsloo

Ek het by Renicke’s creations vir my moeder en skoonma Moedersdag geskenkies asook vir my pa vir sy verjaarsdag en die verpakking, produkte self is absoluut AMAZING. Dijane doen soveel moeite met elke liewe item. Beveel hul beslis aan ☺
Shantelle

Julle produkte is fantasties dit ryk lekker dit werk soos die instruksies sê ek sal dit 1000 x aanbeveel❤
Nicole

Van ek die 1ste keer by Renicke’s Creations gekoop het, was ek so beïndruk. Die bederf begin al by die boksie oop maak! Als is so mooi verpak. Die produkte ruik hemels en is n baie hoë gehalte. Dit maak ook die lekkerste geskenke om iemand mee te bederf.

Dankie Dijané vir die moeite, sorg en ‘special touch’ wat jy op elke produk en boksie sit. 

Amanda

Dijane! Ek kan jou nie genoeg prys nie. Jou produkte is net eenvoudig awesome!!
Ek dink daar is min van die produkte wat ek nog nie probeer het nie. Body Butter, Lotion Bar, Lip Balm, Body Wash, Body Lotion, Badsoute Sugar Scrubs, Foamy Scrubs, Kerse, Olies

Ek kan nie n gusteling kies nie, maar ek weet ek kan nie sonder dit nie!
Baie dankie vir jou baie vinnige en baie vriendelike diens. Ek voel gemaklik om jou produk aan ander mense bekend te stel, want alles omtrent jou en jou produk is great!

Ek glo Renicke’s Creations sal bly groei.
Dankie vir dit wat jy vir ons klein prinses doen. Jy is ‘n ma duisend

Marietjie Britz

Wow wow wow. What amazing products. They smell amazing and are definitely great quality. You get an amazing product and you know it’s going for a great cause. They are amazing 

Shareen Higgs

JustNails Middelburg

Calendula Salve My absulte fav werk soos n bom vir enige eina puisies, ezema, miskiet buite etc my hele gesin love die produk!
Nadia Steenkamp

Ek het onlangs badsout & scented kersfees kerse by Renicke’s creation gekoop. Dit het al my verwagtinge oortref. Die kwaliteit is uitstekend. Ek is baie tevrede want ek het waarde vir my geld gekry en sal dit beslis aanbeveel.
Erika

Ek wil eerstens my waardering aan mamma Dijané gee vir al haar harde werk. Om hierdie pragtige produkte wat sy met soveel liefde maak te gebruik is elke sent die moeite werd. Die aroma van kerse, badsoute,scrubs, lyfrome tot vloeibare sepe is uniek aan Reniké’s Creations. My vel voel soveel sagter en ek voel gekoester! Dankie Dijané. Ek sal jou defenitief aanhou ondersteun.
Adri Coetzer

Dankie Dijané van Renicke’s Creations vir ons pragtige kerse. Almal was gaande oor die mooi kerse wat hulle as juffrou geskenke gekry het. Die detail was ongelooflik, die bokkies het selfs ‘n regte klokkie om die nek gehad. Die vetplant tuin en pienk rose is net te mooi. Sal julle verseker weer ondersteun, dankie vir julle vinnige vyf-stêr diens.
Eloise